Site icon Accidents.co.za | Discussion, Prevention, Investigation and Response

Landbouers nie die sondebokke, sê VL aan Minister Majodina

“Dit is jammer dat daar wanopvattings bestaan dat plaasboere gemeenskappe van voldoende watertoevoer ontneem.”

Dit is die mening van Kempen Nel, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Natuurlike Hulpbronne komitee, in reaksie op die me Pemmy Majodina, Minister van water en sanitasie, se onlangse toespraak oor damveiligheid aan LP’s in die Nasionale Vergadering. Nel sê in reaksie dat die landbousektor, veral besproeiingsboere, aan streng regulasies en wetgewing moet voldoen en “indien daar tekortkominge is behoort dit deur die departement van water en sanitasie aangespreek te word.”

“Boere maak van rouwater gebruik maak om te besproei en nie van gesuiwerde water wat vir menslike gebruik bedoel is nie.”

Vrystaat Landbou verwelkom optrede teen die verantwoordelike instansie wat die Jagersfontein- slikdamramp veroorsaak het, aangesien talle boere dit aan hul eie sakke voel as gevolg van groot dele hoë potensiaal landbougrond wat nou onbruikbaar is weens die mynslik wat gevaarlike elemente bevat. VL doen ‘n ernstige beroep op die departement om die aangeleentheid te bespoedig. Alhoewel daar al vele versoeke van georganiseerde landbou was om die landbouers te vergoed, het daar nog niks noemenswaardig van die versoeke gekom nie terwyl inwoners van die dorp wel al hulp ontvang het.

“Vrystaat Landbou gee graag sy samewerking aan die Departement, maar daar moet gewaak word teen veralgemenings wat die verkeerde indrukke skep.”

Exit mobile version