Site icon Accidents.co.za | Discussion, Prevention, Investigation and Response

Rouxville Plaasmoord en daaropvolgende arrestasie

“Landbougemeenskappe in die Vrystaat is erg geskok deur die Plaasmoord wat in die Rouxville area die afgelope naweek plaasgevind het (7 Desember 2024), waar Mnr Jaco van Wyk wie op die plaas Charles Post gewoon het, vermoor is. Enige plaasaanval en of -moord wie ook al die slagoffers daarvan is, word ten sterktste veroordeel deur Vrystaat Landbou (VL) omrede dit boerdery gemeenskappe op alle vlakke baie nadelig beïnvloed.”

Dit is die woorde van Mnr Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee. Alhoewel die Vrystaat een van die provinsies is wat aldus die Minister van Polisie se misdaadsyfers in die tweede kwartaal die meeste plaasmoorde gehad het, is dit meestal bewoners en of werkers wat op plase woonagtig en of werksaam is wat die teikens van plaasmoorde die afgelope 3 maande geword het.

Mnr Friedl von Maltitz, visepresident van VL bedank die polisie en veiligheidstrukture in die area vir die nodige aktiverings om sodoende die verdagtes wat betrokke was, te arresteer wat ook bygedra het dat die oorledene se vrou wie in die proses ontvoer is, gered is. VL vertrou dat die Kriminele Regstelsel al die bewyslas sal versamel ten einde suksesvolle vervolging in die howe te verseker.

VL doen ‘n beroep op boere, hul gesinne, werkers en of bewoners op plase om waar moontlik in te skakel by ‘n plaaslike veiligheid struktuur en of -plan. Dit is tot elke persoon wie woonagtig en of werksaam is op plase en of kleinhoewes se voordeel om deel van ‘n kolletiewe veiligheidsnetwerk en -sambreel te wees. Die inskakeling, betrokkenheid, kommunikasie netwerke dmv radios en of veiligheid whatsapp groepe, die deurgee en skakeling van inligting tov opkomende risikos en bedreigings is van kardinale belang wat nie onderskat moet word ten einde veiligheid te verbeter nie.

Veral in die aanloop tot die Feesseisoen word boerdery gemeenskappe versoek om asb paraat te wees, te observeer en enige verdagte beweging van persone en voertuie na die veiligheidsverteenwoordiger van die Boerevereniging en of Landelike Veiligheidskoordineerder van die SAPD deur te gee vir die nodige opvolg.

Exit mobile version