“Ons stem saam met die LUR van Gemeenskap Veiligheid, Paaie en Vervoer, dat die onpadwaardige voertuie van die paaie afgehou moet word” sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL). Wilken voeg by dat “net so, moet on-voertuig-waardige paaie, ook dringende aandag geniet voordat hulle vakansiegangers wie nie gewoond is aan landelike slaggat- en grondpaaie moet dra en onnodig lewens in gevaar stel.”
Bo en behalwe vakansiegangers dra landelike paaie met plant-seisoen ook swaarder as gewone verkeer in terme van trekkers, planters, spuit-toerusting wat tussen lande moet ry, asook trokke wat plant en spuit produkte soos kunsmis, saad, onkruid- en plaag-beheer middels en brandstof moet aflewer. Waar landbou-besighede die aflewering as deel van hulle verkope-dienste aangebied het in die verlede, is die onderhoudskostes weens swak paaie net te groot en is boere gedwing om hierdie kostes op hulle eie nou aan te gaan.
Swak paaie is net nog ‘n koste wat boere gedwing is om op hulle self te neem, en bo en behalwe die vervoer kostes van insette en produkte, is daar baie boere wie as landbou vereniging of groep pad gebruikers, saam staan en hulle eie pad-skrapers aanskaf en hulle eie operateurs laat oplei en betaal om self die publieke grondpaaie te onderhou.
VL was verhewig deur ‘n onlangse inisiatief in Felize Dabi distrik waar die staat aangebied het om die diesel kostes darem te dra. VL kan ook vakansiegangers gerusstel dat die Nasionale paaie wat deur ons provinsie strek, en deur SANRAL onderhou word, in goeie toestande is, hoewel daar op plekke verkeerbeheer is waar nodige onderhoud dringend uitgevoer word, voordat pad-kontrakteurs ook op bou-vakansie gaan.
Een van VL se suksesse van 2024 was dat daar nog meer paaie aan SANRAL oorhandig is om te herstel en onderhou met hulle baie meer effektiewe werkswyse as die Provinsiale departement.
Met die huidige hittegolf toestande het die laaste weiding van die seisoen opgedroog en is vee boere ook besig om voer aan te ry. Bid asb. saam met ons boere vir reën!
VL moedig dus asb. alle padgebruikers aan om uiters versigtig te ry op ons swak landelike paaie om nie te verongeluk en so die veld aan die brand te steek nie, en om geen vuur langs die pad te maak, of sigarette of glas uit motor vensters te strooi nie.
Vakansiegangers is ook aangemoedig om nie net deur die VS te jaag nie, maar dit rustigte neem en ons gasvryheid te geniet en by ons talle landbou-toerisme-aantreklikhede oor te slaap, of sommer ook in die Vrystaat vakansie te hou.